| die Uitverkiesing :Website Builder |
| Troos of Vertwyfeling...? :Luister na die Woord :die Uitverkiesing geskied in Jesus Christus :Wie is 'Ons in Hom' ? :Uitverkies voor die grondlegging van die węreld :Uitverkies om heilig en sonder gebrek te wees :Voorbeskik tot kinders van God :die Troos van die Uitverkiesing :die Verkiesing van Judas Iskariot :die Pynlike ervaring van Jesus :Het God vir Judas bestem tot verraaier? :Wat van Johannes 17:12 ? :En wat van Romeine 9 ? :Wat is die probleem waarop in Romeine 9 geantwoord word? :Waarom is Israel dan verwerp? :'n Beeld van die Uitverkiesing |
| En wat van Romeine 9 ? |
|
En Wat Van Romeine 9? Vir baie mense is Romeine 9 die klassieke hoofstuk in die Bybel om die leer van die uitverkiesing te probeer peil. Hieruit word dan die gevolgtrekking gemaak dat God byvoorbeeld al voor die geboorte van Jakob en Esau besluit het wie uitverkies sal wees en wie nie ( Romeine 9:11-13 ). En dan word die konsekwensie deurgetrek dat God reeds voor die geboorte van elke mens besluit het of hy verlore sal gaan en of hy gered sal word. Ten einde Romeine 9 te kan verstaan, moet ons weet wat die probleem is waarop die apostel in Romeine 9 'n antwoord probeer gee.
|
| Laaste keer geredigeer: 2008 / Geplaas: 31 Maart 2017 |
